# Sokker: Die Engelse reus Manchester United het ‘n reuse-stuk grond van 10-hektaar bekom vir die oprigting van ‘n hipermoderne stadion met sitplek vir 100-duisend toeskouers. Dis so groot soos 14 standaard-sokkervelde. Die klub het die grond gekoop van die nywerheidsmaatskappy Indurent, wat behoort aan die eiendomsgroep Blackstone. Die geskiedkundige projek gaan na raming 43,5-miljard-rand kos en Brittanje se grootse sportarena wees. Die wêreldklas-stadion sal die middelpunt wees van ‘n groter herskepte sone, met voltooiing beplan vir die 2030/31-seisoen.
Sokker: Manchester United bekom meeste van die grond vir bou van stadion met 100-duisend sitplekke