Skip to content

Polisie ontplooi taakspan om naweek se politieke moorde te ondersoek

# Die polisie het sy taakspan vir politieke moorde ontplooi om ondersoek in te stel na die moord op vier politieke partylede tydens die kieser-registrasienaweek. Waarnemende kommissaris Puleng Dimpane sê die moorde was op ‘n DA-kandidaat in ‘n tussenverkiesing in Kaapstad, ‘n ANC-raadslid van die Oos-Kaap en twee MK-partylede van die Gautengse Wes-Rand. Sy sê al die slagoffers is aangeval toe hulle teruggekeer het van kieser-registrasienaweek-bedrywighede. Ondersoeke duur voort.