# Suid-Afrikaners kan vroeg volgende maand groot verligting verwag by brandstofpompe. Die jongste data van die Sentrale Energiefonds toon ‘n sterk oorverhaling in petrol- en dieselpryse. Daar is tans ‘n oorverhaling in petrolpryse van 2,94-rand per liter en tussen 4,57- en 4,97-rand per liter vir dieselpryse. Ontleders sê dit dui op noemenswaardige brandstofprysverlagings in Julie, onderhewig aan heffingsaanpassings. Dit volg ná wêreldwye konflik wat die land benadeel het, met strawwe brandstofpryse wat ondernemings, motoriste, lugdienste en die taxibedryf swaar getref het.
Data van die Sentrale Energiefonds dui op sterk brandstofprysverligting in Julie