Skip to content

Trump-gesteunde regse kandidaat wen die tweede ronde van Colombië se presidentsverkiesing

# Die regse kandidaat, Abelardo de la Espriella, het die presidentsverkiesing in Colombië gewen en die linkse Iván Cepeda net-net verslaan. Volgens voorlopige uitslae deur die Nasionale Burgerlike Register, het die 47-jarige prokureur en sakeman 49,8-persent van die stemme ingepalm en Cepeda 48,7-persent. De la Espriella, wat deur die Amerikaanse president, Donald Trump, ondersteun word, het beloof om streng op te tree teen misdaad, insluitend dwelmhandel. Hy het ook ‘n sterker sekerheidsverhouding met Amerika beloof, asook laer belasting, uitgebreide olie-verkenningsondersoeke en ekonomiese bevryding.