# Die Openbare Beleggingskorporasie se raadsvoorsitter, adjunkminister van Finansies David Masondo, gaan die saak oor die Acupulco-beleggingsooreenkoms na die Spesiale Ondersoekeenheid verwys. Dit volg na ʼn regsoorsig van PwC se forensiese ondersoek na die transaksie. Die OBK het in 2013 sowat 333-miljoen-rand se befondsing aan Acapulco beskikbaar gestel om ʼn 25-persent aandeel in Lanseria Internasionale Lughawe te bekom. Acapulco het egter nie terugbetalings volgehou nie, wat tot skuld van sowat 630-miljoen-rand gelei het. Die korporasie sê die verwysing is ooreenkomstig Masondo se verbintenis tot aanspreekliheid, gevolgebestuur en die herwinning van staatsgeld waar dit wetlik regverdigbaar is.
OBK verwys Lanseria Internasionale Lughawe se Acupulco-saak na Spesiale Ondersoekeenheid