Skip to content

Senona verdedig opdrag oor Sander se terugkeer na die Valke-eenheid [KLANK]

# Die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Lesetja Senona, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy opdrag was dat adjudant-offisier Karl Sander moet terugkeer na die Eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaadondersoeke. Senona het op vrae van kommissaris Sesi Baloyi verduidelik die eenheid bestaan uit verskeie afdelings, insluitend die Suid-Afrikaanse Narkotikaburo. Hy het aangedui om Sander aan enige ondersoekafdeling aan te wys sou in ooreenstemming met sy opdrag wees:

ENG-BaloyiOnSenona