# Die Internasionale Handelsadministrasiekommissie van Suid-Afrika het aanbeveel dat die heffing op goedkoop invoere van plastiekgrondstowwe uit China, bekend as P-E-T, tot 43,77-persent verhoog word. P-E-T is ‘n chemiese plastiekstof wat breedvoerig gebruik word om alledaagse plastiek goedere te vervaardig, veral deursigtige koeldrankbottels en voedselhouers. Die Suid-Afrikaanse produsent Safripol het aansoek gedoen vir ‘n hersiening en ‘n hoër tarief en aangevoer die vorige heffing van 28,89-persent is ondoeltreffend en kan die plaaslike bedryf benadeel.
Handelskommissie beveel hoër heffing aan op Chinese plastiekgrondstowwe