# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die staking van die likwidasie van Tongaat Hulett is ‘n belangrike mylpaal in die beveiliging van die toekoms van die suikerbedryf. Dit volg na ‘n ooreenkoms tussen die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en Vision Consortium 250-duisend werkgeleenthede gered het. Tau sê die moontlikheid van likwidasie het nie net risiko’s vir werkers en kwekers ingehou nie, maar ook vir verskaffers, vervoeroperateurs, klein ondernemings en die groter ekonomie. Die maatskappy is onder sakeredding geplaas na ‘n ineenstroting weens wanbestuur.
Minister Tau sê terugtrek van Tongaat Hulett-likwidasie verseker toekoms van suikerbedryf