Skip to content

Regering sê leefstyloudits in alle provinsies vorder met 93% nakoming

# Die regering sê hy maak bestendige vordering met die toepassing van leefstyloudits en sewe van die land se nege provinsies het vooruitgang gemaak. Nakoming van die leefstyloudit-program was 61-persent in 2023, maar staan tans op 93-persent wat agt-duisend-982 senior amptenare dek. Die regering sê in Gauteng word 37-persent rekeningkundige beamptes wat geoudit is as hoë of medium risiko beskou. In die Wes-Kaap is premier Alan Winde en al elf LUR’e, insluitend hul lewensmaats, sedert 2020 aan vier rondtes onafhanklike leefstyloudits onderwerp.