Skip to content

Ramaphosa doen ‘n beroep op geloofsleiers om spanning oor migrasie te help verlig

# President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op geloofsorganisasies gedoen om ‘n sentrale rol te speel in die verligting van toenemende spanning oor migrasie en die versterking van Suid-Afrika se Nasionale Dialoogproses. Hy het gister ‘n spesiale vergadering met godsdiens-leiers by die Uniegebou in Pretoria gehou. Ramaphosa het gewaarsku dat frustrasie oor ekonomiese probleme nie xenofobie of maatskaplike verdeeldheid mag aanwakker nie. Hy sê wanneer vrees en woede toeneem, is dit dikwels die stem van die kansel, die moskee, die tempel en die sinagoge wat mense tot medelye kan terugroep.