# Die Hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die MK-party se uitdaging van die uitslag van die 2024 algemene verkiesing. Die party vra die uitslag moet tersyde gestel word, en voer aan die uitslag het in gedrang gekom nadat die Verkiesingskommissie se uitslagpaneel tydens die telproses vir nagenoeg twee ure van lyn af was. Die kommissie het die bewerings verwerp en sê daar is geen bewyse van manipulering nie en het die saak as ‘n misbruik van regsprosesse beskryf. Die hof sal later ‘n finale beslissing gee.
Uitspraak voorbehou in MK se saak oor uitslag van 2024-verkiesing