# RISE Mzansi is bekommerd oor die toenemende koste van rampreaksie nadat ‘n parlementêre antwoord deur Samewerkende Regering en Tradisionele Sake onthul het sowat 14,7-miljard-rand is die afgelope dekade bestee. Woordvoerder Makashule Gana sê die bedrag sluit nie provinsies en munisipaliteite se bykomende uitgawes in nie. Hy waarsku ‘n gebrek aan ‘n enkele, gesamentlike databasis ondermyn samewerking, deursigtigheid en beplanning. Gana vra geïntegreerde data oor rampbesteding, ‘n goedgekeurde verskafferstelsel en sterker aanpassingsmaatreëls:
RISE Mzansi vra gesamentlike rampbestedingsdata [KLANK]
ENG GanaOnDisaster