# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika gaan sy finansiële hulp vir pogings om die Ebola-uitbreking te bekamp, van die huidige 81-miljoen-rand tot sowat 218,7-miljoen-rand verhoog. In die Demokratiese Republiek die Kongo is 837 bevestigde Ebola-gevalle aangemeld met 196 sterftes, en in Uganda 19 gevalle met twee sterftes. Ramaphosa, in sy hoedanigheid as die Afrika-unie se Hoof van Gereedheid, Voorkoming en Reaksie op Pandemies, het gister deelgeneem aan ʼn virtuele vergadering oor die uitbreking. Hy vra internasionale vennote om saam met Afrika te staan:
Ramaphosa verhoog Suid-Afrika se finansiële bydrae vir Ebola-reaksie [KLANK]
ENG RamaphosaOnEbola