# Die TV-aanbieder en rapper Molemo “Jub Jub” Maarohanye is op borgtog van vyf-duisend-rand vrygelaat nadat die Gautengse Hooggeregshof gister ʼn dringende aansoek toegestaan het. Die 45-jarige man is die naweek gearresteer nadat hy na bewering skote afgevuur en ʼn e-taxibestuurder in Edenvale aan die Oos-Rand ontvoer en beskuldig het van ʼn verhouding met sy vriendin. Maarohanye staar aanklagte van ontvoering, onwettige afvuur van ʼn vuurwapen en regsverydeling in die gesig. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy sal vandag in die Germiston-landdroshof verskyn.
Jub Jub vrygelaat op borgtog van R5 000 en verskyn na verwagting vandag weer in die hof