# Die Landbank vra vir hernude fokus op die verwydering van hindernisse wat jong Suid-Afrikaners keer om betekenisvol aan die landbousektor deel te neem. Die land se amptelike werkloosheidsyfer vir jongmense tussen 15 en 34 jaar oud is tans bo 45-persent. Die waarnemende bestuurshoof van die Landbank, Jabu Mphambo, sê jongmense betree die boerderybedryf teen baie laer koerse as wat nodig is om die toekoms van nasionale voedselproduksie en landelike ontwikkeling te verseker. Hy sê die sektor kan nie floreer sonder die energie, innovering en ambisie van jongmense nie.
Landbank sê jeugdeelname is noodsaaklik vir toekoms van Suid-Afrikaanse landbou