# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê hy gaan met die Wêreldgesondheidsorganisasie saamwerk om die verkeerde uitbeelding van sterftes wat verband hou met die land se stygende immigrasiekrisis reg te stel. Dit volg nadat die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, verlede Vrydag gesê het ten minste vyf Ethiopiese en vyf Mosambiekse burgers is dood, met duisende meer wat ontheem is te midde van beweerde teen-immigrant-betogings. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die dood van die Ethiopiese burgers spruit uit georganiseerde misdaad eerder as xenofobiese aanvalle.
Buitelandse Betrekkinge gaan met WGO praat oor misleidende stellings oor migrantsterftes in SA