# Die wêreldbekende Suid-Afrikaanse jazzpianis, komponis en anti-apartheidsaktivis, Abdullah Ibrahim, is op 91-jarige ouderdom na ‘n kort siekbed in Duitsland oorlede. Ibrahim, ook bekend as “Dollar”, se merkwaardige loopbaan het oor meer as sewe dekades gestrek. Sy komposisie Mannenberg, saam met werke soos Soweto, The Wedding, The Mountain en African Marketplace, het Suid-Afrikaanse klassieke status bereik. Ibrahim se lewensmaat, dokter Marina Umari, sê sy liefde vir sy land het nooit gewankel nie, ongeag waar in die wêreld hy homself bevind het.
SA Jazz-ikoon Abdullah Ibrahim is op 91 oorlede