# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap het ‘n Kontrakteurontwikkelingsprogram van stapel gestuur wat daarop gemik is om siviele ingenieursmaatskappye in swart besit te versterk en deelname aan padinfrastruktuurprojekte uit te brei. Die inisiatief is gerig op Konstruksiebedryfontwikkelingsraad graad vyf tot nege kontrakteurs en sal opleiding, mentorskap, vaardigheidsontwikkeling en finansiële ondersteuning verskaf. SANRAL sê tien-persent van geselekteerde projekte sal gereserveer word vir aangewese groepe, insluitend besighede in swart besit en maatskappye wat deur gestremdes besit word. Die program sal in al nege provinsies aangebied word. Aansoeke sluit op 10 Julie.
SANRAL stel program bekend om padkontrakteurs te ontwikkel