# President Cyril Ramaphosa sê jong Suid-Afrikaners ondervind ‘n ander soort uitdaging as die jeug van 1976 en vind hulle plek in ‘n ekonomie wat te lank sy deure vir hulle toegehou het. Môre is die 50ste herdenking van die jeugopstand van 1976. Ramaphosa skryf in sy weeklikse nuusbrief ekonomiese groei is noodsaaklik om jeug-werkloosheid op ‘n betekenisvolle manier aan te pak. Hy sê een van die suksesvolste programme was die presidensiële werkskepping-stimulus wat meer as 2,5-miljoen werksgeleenthede geskep het.
Ramaphosa sê Suid-Afrika moet ‘n plek word waar die jeug deel is van ‘n inklusiewe ekonomie