# Die polisie ondersoek die dood van die erfgenaam van die multi-miljoen-dollar Duitse skeepvaartfirma, DAL, Caroline von Rantzau, en haar finansiële bestuurder op haar familie se privaat jagreservaat in Limpopo. Die 26-jarige is dood in haar kamer op die Leeuwfontein-landgoed gevind, ‘n dag nadat die landgoed se finansiële bestuurder, Arno Koën, ook op die eiendom vermoor is. Koën, ‘n pleegvader van Von Rantzau, was in beheer van die besprekings en finansies by die landgoed. Die polisie het ‘n gelisensiëerde geweer en ‘n pistool gekonfiskeer terwyl die ondersoek voortduur.
Limpopo-polisie ondersoek dood van Duitse skeepserfgenaam by privaat jagreservaat