Skip to content

Tshwane herdenk Internasionale Dag vir Bewusmaking oor Albinisme  

# Die Stad Tshwane herdenk vandag die internasionale dag vir Bewustheid oor Albinisme saam met gemeenskappe oor die wêreld heen. Die tema vanjaar is “Trots in my vel: ‘n Viering van alle Velkleure” bevorder en streef daarna om waardigheid, gelykheid en insluiting vir persone met albinisme te bevorder. Die metroraad sê mense met albinisme ondervind steeds diskriminasie, stigma en skadelike stereotipes wat hul welstand en geleenthede beïnvloed. Tshwane het sy verbintenis tot die bevordering van inklusiewe gemeenskappe herbevestig deur middel van bewusmakingsveldtogte, voorspraakprogramme en vennootskappe wat die veiligheid, waardigheid en volle deelname van persone met albinisme ondersteun.