# Die staat het die EFF-leier Julius Malema se poging om sy vuurwapen-skuldigbevinding tersyde te stel verwerp en sê sy appèlaansoek is ongegrond. Malema appelleer teen sy vonnis van vyf jaar vir aanklagte wat verband hou met ‘n voorval in 2018 waar hy op video afgeneem is toe hy na bewering ‘n geweer afgevuur het op ‘n saamtrek in Mdantsane in die Oos-Kaap. Malema hou vol die wapen was ‘n speelgoedgeweer wat met los kruit gelaai was. Die Hooggeregshof in Makhanda sal beslis of Malema met sy aansoek om appèl kan voortgaan.
Staat verwerp Malema se poging om vuurwapenskuldigbevinding tersyde te stel