# Die Landdroshof in Musina het ‘n vragmotorbestuurder tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir ‘n poging om plofstof ter waarde van een-miljoen-rand deur die Beitbrug-grenspos na Suid-Afrika te smokkel. Edgar Maroto is in April in hegtenis geneem nadat owerhede duisende ontploffingspatrone, plofstoftoestelle en lontrolle in sy besit ontdek het. Die 42-jarige is tot 15 jaar gevonnis vir die onwettige besit van plofstof en tien jaar kragtens die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, met die vonnis wat gedeeltelik gelyktydig uitgedien word. Die Valke het die skuldigbevinding verwelkom.
Vragmotorbestuurder kry 20 jaar vir plofstofsmokkelary deur Beitbrug-grenspos