Skip to content

Vlugtelingappèllowerheid versoek asielsoekers om hangende aansoeke te finaliseer

# Die Vlugteling-appèllowerheid het asielsoekers met hangende appèl-aansoeke buite die Durbanse vlugtelingontvangskantoor in KwaZulu-Natal gevra om dringend by die owerheid se kantore aan te meld. Dit vorm deel van ‘n program om ‘n agterstand in appèl-aansoeke op te klaar en besluite oor asielaansoeke te bespoedig. Die owerheid waarsku diegene wat nie reageer nie, se aansoeke kan op grond van bestaande dokumente beslis word, wat tot ‘n finale uitspraak oor hul asielstatus kan lei.