# Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni Metro-polisie, Julius Mkhwanazi, en die stadsbestuurder, Kagiso Lerutla, se hofsaak is in die Streekhof in Boksburg, Gauteng, tot 2 Julie uitgestel. Dit is om verdere regsprosesse en die openbaarmaking van bewyse moontlik te maak. Albei bly op borgtog. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en regsverydeling in verband met ‘n beweerde nabootsings-bedrogspul in 2019.
Mkhwanazi en Lerutla se saak uitgestel tot Julie vir openbaarmaking van bewyse