Skip to content

Godongwana sê Johannesburg moet sy onbefondsde begroting teen die einde van die maand aanspreek

# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê hy verwag van die Stad Johannesburg om geloofwaardigheidsprobleme rakende inkomstes en uitgawes te hanteer. Die Ouditeur-generaal het verlede week berig die metro het ongemagtigde uitgawes van twee-miljard-rand gehad weens die onbefondsde aanpassingsbegroting. Die minister het in April gedreig om regeringsfondse aan Johannesburg te besnoei tensy hy verkwistende uitgawes hanteer en beplande munisipale verhogings kanselleer. Godongwana sê in ʼn parlementêre antwoord hy verwag alle probleme wat hy aan die raad uitgewys het, moet teen die einde van die maand opgelos wees.