# Minstens 32 mense is dood ná vanoggend se aardbewing van 7,8 langs die kus van die Mindanao-eiland in die suidelike Filippyne. Die aardbewing het gelei tot tsunami-waarskuwings in dié land, asook in Indonesië, Japan en Australië. Meer as 100 mense in verskeie provinsies is beseer, byna twaalf word vermis, en tien-duisend inwoners is voorlopig ontruim. Meer as 130 naskokke, wat gewissel het van 1,3 tot 6,7, is aangeteken. President Ferdinand Marcos Junior sê agentskappe werk saam aan hul rampreaksie.
Minstens 32 dood na groot aardbewing in suidelike Filippyne