Skip to content

Malawi sluit aan by Ghana met vrywillige repatriasie vir sy burgers in Suid-Afrika

# Malawi se ministerie van Buitelandse Sake het bevestig 150 van sy burgers het Suid-Afrika oor die naweek per bus verlaat as deel van ‘n vrywillige repatriasieprogram. Die groep het in tydelike kampe in Mosselbaai in die Wes-Kaap gebly, nadat hulle verlede naweek tydens gewelddadige teen-buitelander-betogings in die gebied ontwortel is. Hulle sal na verwagting later vandag in Malawi aankom. Intussen het ‘n tweede groep Ghanese burgers wat vrywillig hul regering se repatriasie-aanbod aanvaar het, ook oor die naweek die land verlaat.