# The People’s Cost of Care-verslag deur die skrywer en aktivis, Candice Leigh King, het bevind 16-duisend-210 van 17-duisend-265 mense wat ondervra is, is gekant teen die Stad Kaapstad se voorgestelde N2-muurprojek. Die omstrede projek van 114-miljoen-rand sluit ʼn sper-muur van drie meter in, asook ʼn reeks veiligheidsmaatreëls langs ʼn afstand van nege kilometer op die snelweg tussen Langa en Firgrove. Volgens die verslag ondersteun slegs 746 respondente die projek terwyl 309 onseker is. Die verslag dui ook aan dat twee-duisend-102 deelnemers ʼn N2-brug of ander veiligheidsinfrastruktuur verkies.
93% van Kaapstad se inwoners blykbaar gekant teen die N2-muur van R114-miljoen