Skip to content

338 persone en organisasies benoem vir vanjaar se Nobelprys vir Vrede

# Drie-honderd-38 persone en organisasies is benoem vir vanjaar se Nobelprys vir Vrede, wat vanoggend in Oslo, Noorweë, toegeken word. Dit is ‘n beduidende toename sedert verlede jaar, toe daar 286 benoemings was. Die meeste ooit was 376 in 2016. Onder vanjaar se kandidate is die Amerikaanse president, Donald, Trump, wat benoem is deur ‘n Israelse drukgroep wat hom beywer vir die vrylating van gyselaars in Gaza. Die Noorweegse Nobelkomitee maak eers 50 jaar na die aankondiging die benoemingslys bekend. Vanjaar se prysgeld beloop 17,6-miljoen-rand.