Skip to content

295 Ghanese suksesvol uit Suid-Afrika gerepatrieer; vyf se vertrek geweier [KLANK]

# Die Grensbestuursowerheid sê 295 van die 300 Ghanese wat hul regering se aanbod van repatriasie aanvaar het, kon gister op ʼn huurvlug vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe uit Suid-Afrika vertrek. Dit volg na ʼn vlaag betogings teen onwettige immigrasie wat vrese van hernude xenofobiese geweld laat ontstaan het. BMA-woordvoerder Mmemme Mogotsi sê vyf Ghanese kon weens verskeie redes nie vertrek nie. Dit sluit in dat hulle nie geldige reisdokumente en ʼn geldige permit as asielsoeker gehad het nie:

ENG MogotsiOnGhanaians