# Suid-Afrikaanse Nasionale Parke bied weer gratis toegang tot die meeste van sy 21 parke tydens Nasionale Parkeweek van 22 tot 26 September, met sommige wat tot 28 September sal oop wees. Die week begin met ‘n viering by die Mopani-ruskamp in die Krugerwildtuin in Limpopo op 21 September. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê die inisiatief wil trots kweek vir Suid-Afrika se natuurlike en kulturele erfenis en bewustheid oor bewaring verhoog: