Skip to content

120 bobbejane in Kaapse Skiereiland word dalk verwyder

# Die Gesamentlike Taakspan vir die Kaapse Skiereiland Bobbejaanbestuur se plan om vier bobbejaantroppe uit die Kaapse Skiereiland te verwyder, het skok en verontwaardiging uitgelok. Lynda Silk van die Kaapse Skiereiland burgerlike bewaringsorganisasie sê daar is etiese kwessies rondom die verskuiwing van die 120 bobbejane, wat waarskynlik beteke dat hulle uitgesit sal word. Sy sê die vae planne laat vrese ontstaan oor trauma vir die bobbejane, werkverliese onder veldwagters en gemeenskapskonflik. Kritici voer aan die verskuiwing plaas menslike ontwikkeling voor Kaapstad se unieke balans tussen stedelike en natuurlewe en die bewaring van biodiversiteit.