Skip to content

12 lande waaronder Suid-Afrika stem in oor maatreëls om sogenaamde volksmoord in Gaza te stop

# ʼn Koalisie van 12 lande het saamgestem oor ses gekoördineerde diplomatieke, regs- en ekonomiese maatreëls om Israel se aanval op die Palestyne te beperk en internasionale reg te verdedig. Die lande sluit Suid-Afrika, Colombië, Indonesië, Irak, Maleisië en Libië in. Die maatreëls sluit in dat wapens nie voorsien word nie en ʼn hersiening om te keer dat staatsinstellings en -fondse Israel se sogenaamde onwettige besetting ondersteun. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê dit bevestig dat geen staat bo die wet verhewe is nie.