Skip to content

Zuma stel sy seun Duduzani aan as die MK-party se adjunkpresident

# Die MK-party se president, Jacob Zuma, het sy seun, Duduzani, as die party se eerste adjunkpresident aangestel. Hy vervang John Hlophe, wat sy pos as die party se parlementêre leier behou. Tony Yengeni is nou die tweede adjunkpresident. As deel van talle veranderinge aan die party se nasionale struktuur, het Zuma Nkosinathi Nhleko as nasionale voorsitter, en adjunk-sekretaris-generaal, Nomsa Dlamini, verwyder. Hulle word onderskeidelik vervang deur eerwaarde Mxolisi Phakathi en Lindiwe Mtshali. Zuma sê die veranderinge is deel van ʼn organisatoriese hersamestelling om die party te versterk en te verenig.