# Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, sê die party het wel ‘n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa. Die party beskuldig hom omdat hy nie teen korrupte ANC-ministers opgetree het nie. Dit volg nadat Ramaphosa die DA se adjunkminister van Handel en Nywerheid, Andrew Whitfield, afgedank het omdat hy sonder presidensiële goedkeuring internasionaal gereis het. Zille sê as die mosie teen Ramaphosa in die Parlement ter tafel gelê word sal die regering ineenstort:
Zille sê daar is wel ‘n mosie van wantroue teen Ramaphosa [KLANK]
ENG ZilleonRamaphosa