# President Volodymyr Zelensky sê Oekraïne se bondgenote wat nalaat om sy voorraad lugverdedigingsmissiele aan te vul, kos lewens. Dit volg nadat ‘n heftige Russiese missiel- en hommeltuigaanval Woensdagnag tot Donderdagoggend in en om Kiëf minstens 15 slagoffers geëis het en 34 beseer het. Oekraïne het ‘n tekort aan Patriot-onderskeppers, wat beteken hy sukkel om homself teen hoëspoed-ballistiese aanvalle te verdedig. Zelensky sê solank Oekraïne nie genoeg teen-ballistiese missiele het nie, sal Rusland nie ernstig aan vrede dink nie.
Zelensky vra vir lugverdedigingsmissiele na dodelike Russiese aanvalle