# Die Oekraïense president, Volodymyr Zelensky, sê hy is beskikbaar vir regstreekse vredesgesprekke met sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, tydens sy besoek môre aan Turkye, waar hy president Recep Tayyip Erdogan sal ontmoet. Zelensky sê die enigste manier om ‘n skietstilstand en ‘n einde aan die oorlog te verseker, is deur regstreekse gesprekke met Putin. Hy sê as die gesprek misluk, voorsien hy sterk sanksies deur die VSA en die Europese Unie, aangesien dit sal toon Rusland is nie gereed vir diplomasie nie.
Zelensky voorbereid om môre met Putin in vredesgesprek te tree