# Die President van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het Donald Trump genooi om sy land te besoek vóór enige ooreenkoms met Rusland om die oorlog te beëindig. Die onderhoud met CBS se 60 Minutes-program is opgeneem voordat ’n Russiese missiel die stad Soemi getref het. Altesame 34 mense is dood en 117 ander beseer. Die Amerikaanse president het die aanval as verskriklik bestempel en gesê hy is meegedeel dat dit ‘n fout was. Die voorval is wyd veroordeel deur Europese leiers, met die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, wat gesê het hy is diep ontsteld en geskok oor die aanval.
Zelensky versoek dat Trump Oekraïne moet besoek na Russiese missielaanval