Skip to content

Zelensky sit verwagtinge uiteen vir komende onderhandelings met Amerika en Rusland

# Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, beklemtoon die behoefte aan behoorlike sekerheidswaarborge vir Kiëf in enige ooreenkoms om die oorlog te beëindig. Oekraïne, Amerika en Rusland sal na verwagting vroeg volgende maand vergader om onderhandelings te hernu. Zelensky sê hulle is gereed daarvoor en beklemtoon indien dit ʼn grondgebied-kwessie is, moet dit op leierskapsvlak hanteer word. Ander kwessies kan na tegniese groepe verwys word. Hy sê beperkings op Oekraïne se Leër en neutraliteit gaan nie bespreek word nie.