Skip to content

Zelensky sê hy gaan nie meer Oekraïnse grondgebied opgee vir ’n skietstilstand nie 

# Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê hy gaan nie instem tot enige Russiese voorstel dat hy meer van sy land se grondgebied moet afstaan in ruil vir ʼn skietstilstand nie. Rusland het verlede week aangedui hy sal ʼn skietstilstand oorweeg indien Oekraïne onttrek uit die dele van Donbas wat hy steeds beheer. Moskou beset die Donbas, wat bestaan uit die oostelike streke Luhansk en Donetsk, gedeeltelik sedert 2014. Zelensky waarsku Rusland wil Donbas in die toekoms gebruik as basis vir aanvalle.