# Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê twee Chinese soldate is gevange geneem waar hulle saam met Russiese soldate in die ooste van Oekraïne geveg het. Hy sê hy het amptenare beveel om ‘n verduideliking van Beijing te eis. China is ‘n bondgenoot van Rusland en word beskuldig dat hy help in die oorlog teen Oekraïne. Beijing ontken egter herhaaldelik aantygings dat hy die Kremlin-magte van wapens voorsien. Zelenskyy meen China het my Rusland aangesluit in sy oorlog teen Oekraïne en sê hy verwag reaksie van die VSA.
Zelensky sê 2 Chinese soldate is gevange geneem tydens gevegte in ooste van Oekraïne