# Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het sy beroep op bondgenote herhaal om die militêre toerusting te verskaf wat nodig is om Russiese missiele af te skiet. Minstens 17 mense is gister in Kiëf en omliggende gebiede dood, toe Moskou meer as 24 ballistiese en teen-skip-missiele afgevuur het. Rusland het volgens berigte 115 hommeltuie en 24 ballistiese missiele afgevuur, en Kiëf se uitgeputte lugverdediging kon nie een van die missiele onderskep nie. Zelensky sê bondgenote wat nie gereed is om nou meer aktief te help met die voorsiening van onderskeppers nie, kan help deur nog sanksies teen Moskou in te stel.
Zelensky herhaal oproep vir meer lugverdediging na dodelike Russiese aanval