Skip to content

Yulia Navalnaya sê buitelandse laboratoriums bevestig Russiese opposisieleier, Navalny, is vergiftig

# Die weduwee van die ontslape Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, Yulia Navalnaya, sê buitelandse laboratoriumtoetse het bevestig hy is vergiftig. Die 47-jarige Navalny is in Februarie 2024 in ‘n Russiese tronk dood. Navalnaya, wat Moskou reeds lank beskuldig dat hy vermoor is, het ‘n video op X geplaas waarin sy beweer twee laboratoriums in verskillende lande het tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Sy het geëis dat die bevindings bekendgemaak word en het Russiese bewerings verwerp dat hy aan natuurlike oorsake dood is.