Skip to content

Yshokkie: Rusland verbied om aan Junior Wêreldkampioenskap in Kanada deel te neem

# Hokkie: Die Internasionale Yshokkiefederasie sê Rusland sal nie aan volgende maand se Junior Wêreldkampioenskap deelneem nie, nadat die gasheerland, Kanada, besluit het om Russiese spelers uit te sluit. Kanada het vroeër aangekondig hy sal Russiese atlete toegang tot die land weier weens die oorlog in Oekraïne. Die Russiese Yshokkiefederasie noem die besluit onaanvaarbaar en onregmatig en sê hy gaan appelleer by die Internasionale Olimpiese Komitee. Die toernooi lok die beste onder-20-manspelers en word in die provinsie Alberta aangebied.