# Die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport en die Jeugontwikkelingsdiens het saamgespan om werksgeleenthede te ontsluit en nuwe modelle vir ekonomiese bedrywighede te ontwikkel. Hierdie vennootskap is amptelik begin met die plasing van 42 jongmense as sportafrigters, in samewerking met SCORE, ‘n organisasie wat lewens deur sport wil verander. Die 42 afrigters is almal oudstudente van die YearBeyond nasionale jeugdiensprogram. Hulle sal vir die volgende jaar as afrigters werk en spesialiseer in spesifieke sportkodes by plaaslike skole en SCORE-sentrums in Mbekweni, Franschhoek en Malmesbury.
YES en SCORE sluit ooreenkoms om geleenthede vir jeugsportafrigters in Wes-Kaap te skep