# Betogers het gister twee hospitaaltente waar Ebola-pasiënte in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo behandel word, aan die brand gesteek. Dit volg nadat ʼn jong man wat aan die siekte dood is, se familie verbied is om sy liggaam weg te neem en te begrawe. Ses pasiënte het ten tyde van die aanval in die tente behandeling ontvang. Die DRK het 160 Ebola-sterfgevalle aangemeld. Die Wêreldgesondheidsorganisasie loof die veilige en waardige begrafnisse van Ebola-slagoffers waar opgeleide spanne met beskermende toerusting die liggame hanteer.
Woedende skare steek twee hospitaaltente waar Ebola-pasiënte behandel word aan die brand