Skip to content

WKOD vra leerders om nie skoolonderrig te ontwrig terwyl matrieks voorberei vir eksamen nie

# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement vra leerders om nie skoolonderrig te ontwrig tydens voorbereiding vir die matriekeksamen nie. Dit volg ná ‘n voorval by Vista High School in die Bo-Kaap in Kaapstad waar leerders gister ‘n nuwe heining beskadig het. Die departement se woordvoerder, Bronagh Hammond, het bevestig ouers is in kennis gestel. Sy beklemtoon hierdie gedrag veroorsaak onnodige ontwrigting in onderrig en leerwerk, veral vir Graad 12s wat hul proefeksamen voltooi voor die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen volgende maand.