Skip to content

Wits se vise-kansellier gereed om hom vir 2033-doelwitte te beywer

# Die vise-kansellier en rektor van die Universiteit van die Witwatersrand, professor Zeblon Vilikazi, sê hy is geëerd om steeds die instelling – ‘n nasionale skat – te lei en werklik ‘n verskil in die samelewing te maak. Die Wits-raad het Vilakazi vir ‘n tweede en laaste termyn verkies wat strek van Januarie 2026 tot Desember 2030. Hy sê hy sal volhou om hom vir die 2033-doelwitte te beywer. Dit sluit in belegging in die akademiese projek, die skepping van ‘n omgewing wat innovasie aanmoedig en om na die welstand van die personeel en studente om te sien.