# Die Withuis het sy agentskappe opdrag gegee om met voorbereidings te begin vir massa-afdankings indien die Kongres nie volgende week ‘n regeringsafsluiting afweer nie. In ‘n memo wat deur Amerikaanse media gesien is, waarsku die Kantoor van Begroting en Bestuur teen permanente afdankings by veral federale programme, projekte en aktiwiteite wat nie ander befondsingsbronne het nie of nie met die President se prioriteite ooreenkom nie. Die Demokrate beskuldig die Withuis nou van intimidasietaktieke. Trump het sedert die begin van sy termyn reeds duisende federale werkers afgedank deur sy kostebesnoeiingsinisiatief met die Departement van Regeringsdoeltreffendheid.
Withuis gee opdrag vir massa-afdankings as regeringafsluiting nie afgeweer word nie